15.5.08

LAASTE INSKRYWING (VOORLOPIG)

Hierdie is - voorlopig - die laaste inskrywing op hierdie blog. Dit was baie lekker om in hierdie ruimte my sê te sê oor allerlei sake, veral aangesien briewe aan verskeie koerante nie gepubliseer is of word nie. Maar dit wil voorkom of die blog nie die getal kykers/lesers trek wat 'n mens graag sal wil sien nie, waarskynlik omdat daar so baie van die soort ding is en dit lyk of Steve H se blog om een of ander duistere rede gewilder is as myne!

Die paar besoekers wat af en toe hier kom kyk, word verwys na Praag se nuwe nuuswebblad by http://www.praag.co.za/ waar daar die geleentheid is vir enigeen om deur middel van artikels insette oor sake van die dag te lewer. Ek dink dat my sieninge en standpunte eerder daar gelees sal word as in hierdie ruimte.

Ek werk aan die gedagte om van Thysgenoot 'n elektroniese koerant te maak wat aan 'n veelheid van e-posadresse uitgestuur sal word. Maar dit kos bietjie werk om so iets op te bou - veral 'n adreslegger met baie adresse. Indien u 'n adreslys het wat u dink nuttig kan wees vir so 'n netkrant (nuwe woord - oop vir beter voorstelle!) stuur dit gerus aan thyshuman@gmail.com.

Aan diegene wat gereeld of ongereeld hier ingeloer het, dankie vir die kuier. Sien julle op Praag.

2.3.08

ATKV NEEM FINAAL AFSKEID VAN AFRIKANERVOLK

Met die aanstelling van Danny Titus as Kulturele Direkteur van die ATKV (in die plek van Coenie de Villiers) aan die einde van Februarie het die organisasie wat nou al verskeie jare stelselmatig weg beweeg van die Afrikanervolk, hom finaal van die Afrikaner en sy toekoms gedistansieer.

Die beleid van die ATKV vorentoe gaan wees om meer Kleurlinge by die organisasie te betrek, groter assimilasie tussen wit en bruin Afrikaanssprekendes te bewerkstellig, poog om ‘n nuwe enkele volk uit die twee groepe saam te stel en dus die Afrikanervolk soos ons hom tot nou geken het, effektief in sy peetjie te stuur.

Maar die organisasie gaan nie in laasgenoemde doeleindes slaag nie. Hy gaan homself net al hoe meer vervreem van Afrikaners, hy gaan toenemend lede verloor onder diegene wat hulself as Afrikaners sien en hy gaan sommer gou bestempel word en eintlik ontpop as anti-Afrikaner en ook anti-wit. Of die ATKV nog lank in die toekoms onder daardie naam kan bestaan, val te betwyfel.

Net eers ‘n paar opmerkings:

Met Titus se aanstelling sal enigeen wat hierdie blog vroeër gelees het, besef dat ek nou maar in die openbaar moet erken dat ek verkeerd was toe ek pas na Coenie se bedanking hier voorspel het dat Conrad Sidego (oud-Rapport joernalis) waarskynlik die pos sou kry. Ek het toentertyd eintlik 'n kortlys van drie Kleurlnge gemaak - die ander twee was Hein Willemse en Jonathan Jansen.

Ek het Titus oorweeg as 'n moontlike kandidaat, maar ek het nie gedink dat die ATKV so dom sou wees nie. Ek was al weer verkeerd!

Titus word voorgehou as sterk pro-Afrikaans, maar in my boek is hy eerder anti-Afrikaner. Sy standpunte ten gunste van Afrikaans moet erken en selfs vanuit ‘n taaloogpunt waardeer word, maar ek dink die anti-Afrikaner houding wat daar uit hom straal, gaan uiteindelik die oorhand kry.

Titus se bande met mense soos Boesak, Christo van Rheede en diegene is algemeen bekend en ek dink nie hy gaan hulle vervreem deur nou skielik sterk pro-Afrikaner te word nie. Ek sal graag nog meer vroeëre standpunte oor hierdie kwessies van prof Titus wou verneem, maar ek maak nie staat op Beeld of die ATKV om die dinge vir ons op te rakel nie.

Hy is ook lid van Hurisa - die Human Rights Institute of SA. Die organisasie se bestuur lyk so (presies soos oorgeneem van die organisasie se webblad):

The Board of Directors of HURISA, has been chaired since its inception and until recently by Judge Richard Goldstone, former Judge of the Constitutional Court of South Africa. The current Chairperson is Ms Sheena Duncan, a long-time and well known human rights activist. The Board comprises of prominent persons who have a proven commitment to human rights, good governance and democracy. While most have legal training, all have considerable experience and expertise of human rights issues and the governance of non-governmental organisations.
Other board members are: Ms. Irene Menell, Ms Shirley Mabusela, Advocate Salim Ebrahim, Prof Danny Titus, Dr Johan Olivier, Advocate Solly Sithole, and Ms Venetia Govender.

Vir diegene wat miskien nie oud genoeg is nie, net ter inligting: Sheena Duncan was een van die stigterslede en jarelange leier van die Black Sash - ‘n linkser en groter anti-Afrikaner organisasie kon jy nie in die land kry nie. Irene Menell is ook ’n oud-Black Sash lid en eggenote van een van die land se groot mynmagnate (nie net Engels nie, eintlik Brits).

Miskien kan ‘n blogleser vir ons meer inligting or sommige van die ander mense gee. En verdere soorgelyke bande van Titus sal ook waardeer word.

‘n Ander baie belangrike kwessie is die moontlikheid dat die ATKV betrek kan word by ‘n verteenwordigende Afrikanerraad.

Ek het onlangs verneem dat vooraanstaande persone in Praag en die FAK gesprek met die ATKV voer in 'n poging om hulle ook te betrek by so ‘n Afrikanerraad. Hoewel skepties, het ek nie die pogings afgeskiet of afgekraak nie. Daar was net die geringe moontlikheid dat sekere mense in die ATKV opsy geskuif en nouer bande tussen die organisasie en pro-Afrikaner instellings gesmee kon word.

Maar sekerlik behoort dit nou duidelik te wees dat daar nou geen plek vir die ATKV in enige Afrikanerraad kan wees nie. Daarmee word ATKV-lede nie weggejaag nie. Net die bestuur en direksie wat met die aanstelling van Titus eintlik lynreg teen hulle meerderheid lede gegaan het wat onlangs geweier het om 'n kleurling in die direksie te verkies.

Maar ATKV-lede sal nou gou van hulle moet laat hoor as hulle nie as anti-Afrikaners beskou wil word nie. Daar is ‘n goeie klompie van hulle wat dink dat die ATKV-leiding se standpunte en beleid reg is. Aan diegene is daar geen salf te smeer nie - hulle sal verdwyn in die swart massa-oorheersing wat wag op diegene wat dink dat Afrikaners en/of wittes en/of kleurlinge in ‘n geïntegreerde land kan oorleef of ‘n rol sal kan speel.

Nee, ek praat van en eintlik met daardie ATKV-lede wat hulself nog as Afrikaners beskou en lankal bedenkinge het oor sekere aspekte en optredes van die ATKV-leiding. Presies hoe weet ek nie, maar hierdie mense sal met mekaar moet begin praat, koppe bymekaar sit en begin beplan om op die volgende kongres (in Augustus?) op te staan en hul stemme te verhef.

Dis nou of nooit!

Gelyktydig met die plak van hierdie mening op die blog, stuur ek ‘n brief aan Rapport oor presies wat kultuur is. Indien nie gebruik word nie, sal dit oor ’n week of wat hier verder gevat word.