19.4.07

Welkom!

Welkom by hierdie eerste uitgawe van Thysgenoot. Hier gaan ons skerp en indringend kyk na alles wat die Afrikaner, Afrikaans en die toekoms van Suid-Afrika raak. Ons sal geen persoon, organisasie, instansie of optrede ontsien nie, maar ons sal prys waar dit verdien word en aanmoedig waar dit nodig is.

Vir die onmiddellike toekoms word die volgende artikels beplan:

Wat is die gesukkel met 'n Afrikanerraad?

Waarheen wil jy met die FAK, Danie?

Waarheen wil jy met die FAK, Johan?

Wat het gebeur met Kok en kok se maat?

Wat gaan gebeur met die nuwe kok by die ATKV?

Wanneer gaan die Broeders weer begin om die Afrikanersaak te dien?

Gesoek! 'n Nuwe bestuur vir die Voortrekkermonument

Die toekoms van Afrikaanse media (of: wanneer kry Beeld 'n swart redakteur?)

... en wat ook al na vore kom!