17.7.07

EKSKLUSIWITEIT IS AFRIKANER SE REG

Een van die argumente wat dikwels aangevoer word in besprekings oor die Afrikaner is dat hy “inklusief” moet wees en sy “rassistiese, diskriminerende uitsluiting van sekere groepe” moet laat vaar.

Daar word dan in besonder verwys na die sg. Bruin Afrikaners, of daar word sonder meer aangevoer dat almal wat Afrikaans praat Afrikaners is.

Laasgenoemde stelling is natuurlik ‘n algehele drogredenasie. Net so min as wat almal wat Duits praat Duitsers is of almal wat Engels praat Engelse of Britte is, kan almal wat Afrikaans praat Afrikaners wees.

Daar is immers groepe soos die Griekwas, die Khoi-San en seker ook die Maleiers wat volke in hul eie reg of baie duidelik identifiseerbare afsonderlike groepe is wat nie deel van ‘n ander volk of groepering wens te wees nie - al is hulle uit huis uit Afrikaanssprekend. Van hulle, soos die Khoi-San van die Noordwes Kaap, praat dikwels van die mooiste en suiwerste Afrikaans in die land. Vir hierdie mense moet ons as Afrikaners die hoogste agting, respek en erkening hĂȘ. Ons kan die grootste mate van samewerking en eensgesindheid met hulle bewerkstellig om ons gemeenskaplike taal te bevorder en te bewaar, maar ons bly aparte volkere met ‘n eie kultuur en geskiedenis. Dit is nie rassisme of diskriminasie nie - dis doodgewoon gesonde etnisiteit en nasionalisme.

Maar dit impliseer ‘n groot mate van eksklusiwieit - nie net by die Afrikaner nie, maar ook by die Griekwas en Khoi-San. Hulle is ook baie gesteld daarop wie as Griekwa of as Khoi kwalifiseer. EN GOED SO!

Want daar is ‘n groot groep mense, veral in die Wes-Kaap, wat eintlik verkeerdelik met die versamelnaam “Kleurlinge” aangedui word, wat op die oomblik nog ‘n soort dialek van Afrikaans praat (ek noem dit Kaaps) en deur sekere politieke aktiviste as Afrikaners beskou word. Maar hulle is nie Afrikaners nie en beslis ook nie Griekwas of Khoi nie want hulle deel nie hierdie volke se kultuur, hulle geskiedenis en hulle algemene ingesteldheid tot die lewe nie. Daarby is hulle besig om te verengels. Hulle praat al baie jare lank eie kenmerkende mengsel van Afrikaans en Engels, maar ek vrees dit gaan vorente al hoe meer ’n Engelse aansien aanneem, namate hulle glo dit vir hulle aanvaarding by die ANC-regime gaan bring.

Die Afrikanervolk neem ’n standpunt van sterk eksklusiwiteit teen hierdie mense in. Nie omdat ons hulle haat of verafsku of as minderwaardig beskou nie (al word daar deur sommige mense terme gebruik om na hulle te verwys wat nie in goeie geselskap aanvaarbaar is nie). Inteendeel, onder die meeste Afrikaners is daar ‘n deernis en begrip vir hierdie “Kleurlinggroep” en ons het in die verlede hard probeer om hulle so ver te kry om ‘n eie trots in hul kultuur en gebruike aan te kweek wat die boustene vir ‘n eie volkswording kan wees, maar dit het helaas nie oral aanvaarding gevind nie.

Die Afrikaner is ten volle geregtig om eksklusief te wees ten opsigte van hierdie mense, net soos hy onbeskaamd eksklusief is en was ten opsigte van wit Engelssprekendes hier en Duitssprekendes in die ou Suidwes. Ons aanvaar ook nie Portugese en Grieke as Afrikaners nie al beskou ons hulle ook as Suid-Afrikaners.

Daar is niks mee verkeerd om eksklusief te wees op grond van hierdie oorwegings nie.

Maar dit is wel verkeerd om mense uit te sluit van Afrikanerskap op grond van hul partypolitieke of selfs godsdienstige orwegings. Meer daaroor volgende keer.