15.5.08

LAASTE INSKRYWING (VOORLOPIG)

Hierdie is - voorlopig - die laaste inskrywing op hierdie blog. Dit was baie lekker om in hierdie ruimte my sê te sê oor allerlei sake, veral aangesien briewe aan verskeie koerante nie gepubliseer is of word nie. Maar dit wil voorkom of die blog nie die getal kykers/lesers trek wat 'n mens graag sal wil sien nie, waarskynlik omdat daar so baie van die soort ding is en dit lyk of Steve H se blog om een of ander duistere rede gewilder is as myne!

Die paar besoekers wat af en toe hier kom kyk, word verwys na Praag se nuwe nuuswebblad by http://www.praag.co.za/ waar daar die geleentheid is vir enigeen om deur middel van artikels insette oor sake van die dag te lewer. Ek dink dat my sieninge en standpunte eerder daar gelees sal word as in hierdie ruimte.

Ek werk aan die gedagte om van Thysgenoot 'n elektroniese koerant te maak wat aan 'n veelheid van e-posadresse uitgestuur sal word. Maar dit kos bietjie werk om so iets op te bou - veral 'n adreslegger met baie adresse. Indien u 'n adreslys het wat u dink nuttig kan wees vir so 'n netkrant (nuwe woord - oop vir beter voorstelle!) stuur dit gerus aan thyshuman@gmail.com.

Aan diegene wat gereeld of ongereeld hier ingeloer het, dankie vir die kuier. Sien julle op Praag.